Oorsig

So toe kom 2012 tot 'n einde, en voor ons oor daai skok kon kom toe is ons reeds klaar met die eerste maand van 2013.  Baie voorspoedige nuwe jaar, ons glo en hoop en bid dat hierdie 'n great jaar vir jou gaan wees van nader aan God groei en dat jy regtig in Sy wil gaan beweeg vir jou lewe.  

ASM

Wat 'n blessing om hier by ASM (Africa School of Mission) te wees.  Besoek graag hulle webblad vir meer inligting.  Ons groei so baie en kry soveel leiding en geleentheid om meer tyd by God te spandeer.  Dis werklik nie oordra van kennis nie maar hartsverandering wat ons begeer en God voorsien mildelik.













Oordenking

So wat is jou visie vir 2013........

Wat dryf jou..........

Ek wil begin om dankie te sê vir God, vir Sy leiding en genade in ons lewens deur Jesus Christus.  Dan wil ek vir elke familie lid, geestelike broer en suster, vriend en vriendin en vennoot bedank vir julle gebed (wat ons so eerlik ervaar), en bydrae tot hierdie wonderlike eer waaroor God ons geroep het.

My wens vir ons en vir jou in 2013 - 'n Godelike begeerte dat ons lewens sal tel vir iets Groot met ewigsheidswaarde (Matt 28:19). 'n Hardkoppigheid dat ons lewens nie gemors sal word nie maar dat ons die reis sal voltooi en dit goed sal voltooi (Phil 3:8).  Dat die waarde van Jesus as geskenk  ons sal aangryp en nooit dieseldfe sal wees nie (Matt 13:44).

Ons bid vir julle elkeen en indien jy spesifieke gebed benodig kontak my graag - johantpa@gmail.com.

Liefde en groete

Johan Lamprecht


Comments