Wat 'n maand.  So kort maar so baie goed om gedoen te kry.

Wat ons studies aanbetref het ons twee baie verskillende maar fantastieste kursusse gehad.  Die eerste was "The Truth Project" aangebied deur Dr Dell Tackett.  Dit het gestrek oor 3 weke en het die wêreld se waarheid vergelyk met God se woord en ons 'n behoorlike bybelse "worldview" gegee.  Die was baie om in te neem maar terselfdetyd baie goed.

Ons tweede kursus waarmee ons steeds besig is, is "Walking with wounded children".  Die kursus is van Petra College en geniet baie hoë aansien in terme van sy inhoud.  Dit is egter baie veeleisend want deel van die kursus behels dat ons fisies na kinders by 'n laerskool / kleuterskool gaan en met hulle in hulle gebrokenheid werk. Dis egter wonderlik om 'n verskil te kan maak in iemand se lewe.

Wat ons praktiese ondervinding aanbetref het ons hierdie maand by 'n bediening begin deelneem.  Die bediening is NCF (Nelspruit Community Forum).  Elke woensdag bedien ons sowat 30 hawelose mense met woord en dan ook met voedsel en iets om te drink.



Die mense het geen heenkome nie en ons is waarlik geseënd om by te kan dra.  Ons help ook verder by Damascus Plaas.


Ons is so dankbaar om hier te kan wees en om te kan leer en om te kan help.  Ons word gebuig en gedraai en gevorm en dis nie altyd maklik of lekker nie maar ons weet dit is goed.

Baie dankie vir God vir sy liefde, baie dankie aan al ons families en partners en vriende.  Ons waardeer julle gebede en ondersteuning verskriklik.

As ek julle kan los met een gedagte wat Dr Tackett ons mee gekonfronteer het:  "How would your life look if you really, really, really believed that what you believe is really real?"


Comments